Filosofie oor die Xhosa Kultuur

 


 Die AmaXhosa is een van vier nasies , bekend as Nguni , wat in Suid-Afrika voorkom.

Die ander drie nasies is : AmaNdebele

                                         AmaSwazi

                                         AmaZulu

·       Die AmaXhosa het hulself gevestig in die Oos-Kaap en soos die tyd verloop het versprei tot in die Wes-Kaap.




·       Die nasie bestaan uit stamme en stamme.

 

Wat beteken die stamme ?

  1. 1.     Stamgroepe is groepe gesinne met verskillende vanne, maar hierdie tipe nasie word Amahlubi genoem.
  2. 2.     Die stamnaam sal altyd die naam wees van die voorouers of die een wat geboorte geskenk het aan die spesifieke stam.
  3. 3.     Stamgroepe vorm gewoonlik een stam en daarna vorm hul `n nasie.

 

·       Die isiXhosa taal wat gepraat word het kliks ,byvoorbeeld die x,q,kr en cg in die engelse taal is letters wat die klikke vorm. Hier is kort video greep van hoe sekere woorde uitgespreek word. (https://youtu.be/Trq_gIe1v04)

·       Om storievertelling te doen speel `n baie groot rol in hierdie kultuur en selfs om musiek te speel is ook `n manier om `n storie te vertel.



 Die klere en die dans

·       Xhosa-dans is iets baie besonders ,veral die dansvorm genaamd umtyityimbo, wat dansers laat vereis om te verseker dat hul bolywe laat vibreer terwyl hulle dans. Volg `n video greep van hoe die xhosa vroue dans. (https://youtu.be/OBV7VeMP2kw)

·       Die xhosa tradisionele dans drag word gemaak van `n katoen wat in `n unieke style en patrone gemaak is.

Vroue klere drag

Mans klere drag

1.     Vroue dra wit rokke wat baie mooi versier word.

2.     Hooftooisels verteenwoordig die verskillende areas waarvandaan die vroue kom (Hooftooisels wat uit twee of drie verskillende material van verskillende kleure bestaan)

3.     Vroue dra `n slingersak genaamd ixili , dit word in die plek van `n handsak gebruik .

4.     Xhosa-vroue voel juweliersware is `n groot moet in die tradisie.

5.     Krale is een van die gewildste juweliersware wat die xhosa vroue dra.

6.     Die krale kom in kleure van die reënboog




.



1.     Dra omvou rompe wat van die middel tot by die voete loop.

2.     `n Serp word oor `n skouer gegooi, wat ook as `n mantel dien wanneer dit koud is.Die hooftooisels wat mans dra word gemaak van krale of lap.

3.     Die mans se versierings wat oor hulle gesigte kom word gewoonlik deur die vroue gedoen.

 

 




 

 Tradisie van `n seun tot man

  • ·       Stokgevegte is `n kuns wat Xhosa seuns van kleins af aanleer vir wanneer hulle eendg in die velde moet beeste oppas. Dit is gewoonlik waar die opleiding vir die jongmanne begin.
  • ·       Die stokke wat Xhosa-mans dra word aan hulle oorhandig wanneer die seuns manne word na hulle besnydingseremonie.

  • ·       As `n seun die ouderdom van 18 bereik sal hy besny word.Dit is wanneer `n seun nie langer meer `n seun is nie maar , man man word.
  • ·       Seuns word opgelei deur ouderlinge en die ouderlinge word gesien as mentors vir die seuns.
  • ·       Die doel van ritueel is om jongmanne te vergwus van die lewe en hulle basies , voor te berei vir die lewe buite.

Tradisie van `n jong dame

  1. ·       Meisies het ook n ritueel. Dit word genoem intonja, dus die oorgang van n jong meisie, na vrou wees.
  2. ·       Indien n jongman gereed is vir trou sal hy na die bruid se familie gaan en hul toesemming vra. 
Voor hulle trou word n bruidskat genaamd lobola aan die bruid se familie gegee as n toon van respek om hulle te bedank vir die groot maak vir die jong dame.

 Xhosa geloof en leefwyse

  • ·   Xhosas glo steeds aan voorvaders.
  • ·       Die tokkelosie is vir hulle die verpersoonliking van kwaadwilligegees.
  • ·       Hulle glo dat daar n siel in alle dinge sit en dit word animise genoem. Dit word geopenbaar oor hoe n mens getoor kan word.
  • ·       Mens moet nie hulle tradisionele helers toordokters noem nie.
                                               ( Toordoktor)
  • ·       Daar is towenaars sowel as tradisionele helers.
  • ·       Towenaars glo in tradisievastes (Mense wat kwaadwillig optree moet deur middel van hul toormedisyne kwaad doen).
  • ·       Towenaars kan mense siek maak en selfs die oorsaak wees van hul sterfte.
  • ·       Dan is daar die sangoma’s en inyangas hul is gewoonlik die vyand van die towenaars omdat hulle die kennis het van die plante medisyne. Afrika-religie fokus meer op natuur-verskynsels en bonatuurlike wesens. Dit is om die gemeenskap te bevorder.
                                               ( Sangoma )
  • ·       Indien jy sterf word n mens “voorvader” wat in die doderyk woon.
  • ·       Nie alle dooies is voorvaders nie, net diegene wat kinders het.


          Huisgenoot(2Jul:2004)




Comments

Popular posts from this blog

Beskrywing oor die inheemse kennis stelsels

Filosofie van Khoi-Khoi

Filosofie van die San kultuur