Beskrywing oor die inheemse kennis stelsels


.Inheemse kennisstelsels het geen algemene definisie nie. Die inheemse kennis word as ‘n omvattende kennis wat tegnologieë en praktyke dek wat deur die inheemse en plaaslike mense bestaan het. Die oorlewing  en aanpassing in verskeie omgewings  steeds gebruik word. Inhemmse kennis assossieer die primitiewe,die ongetemdes en natuurlike. Die term “inheems” wat deur meeste Europeseërs begryp word as ‘n  sinoniem. Dit verwys na ‘n spesifieke  geografiese gebied waar mense woon wat dieselfde kultuur,kennis en oorgetuigingstelsels deel. Die inheemse kennisstelsels  is die kennis wat in die kultuur vasgelê is en deur die mens gebruik word om hul wêreld op te bou  en hulle bestaan te onderhou. Dit word ook oor oorgedra van die een geslag na die ander een deur die demonstrasie ,waarnemings en die implementering van die vaardigheid wat in sistuasies in die wêreld aangeleer is.


Agtergrond oor die plek van inheemse kennis stelsels in die onderwys kurrikulum

Mondelinge kennis word van geslag tot geslag oorgedra. Kinders het vaardighede en gepaste gedrag geleer by hulle voorouers. Daar was verband gehou met die kultuur,taal en identiteit. Die kultuur en identiteit is integrerende deel en die taal word gebruik om die stories te vertel. Die vertel van stories in die klaskamers kan lei tot diepgaande leer en hoë akademiese prestasie in skole bevorder. Die gebruik maak van raaisels kan lei tot hoë denkvlakke by kinders. In die ou dae het kinders rondom die vuur gesit waar vir hulle stories vertel word deur die oudste/voorvader of moeder. Die vertel van stories was ook om die leerders van vaardighede vir oorlewing en lewensinhoud voorsien in hul omgewing. 









Comments

Popular posts from this blog

Filosofie van Khoi-Khoi

Filosofie van die San kultuur