Filosofie van Khoi-Khoi

 

-        Die Khoi-Khoi was bekend as Hottentotte genoem deur die vroeër Europeërs wat na Suider-Afrika gekom het.

-        Die Khoi-Khoi het na die San in Suider-Afrika gevestig.

-        Die Khoi-Khoi was herders. Hulle was ook bekend as jagters en versamelaars.

-        Hulle het in groepe gewoon bekend as kampe/nedersettings wat uit 500-700 mense bestaan het.

-        Hulle het in areas gewoon wat van die volgende faktore afgehang het:

·        Beskikbaarheid van water

·        Beskikbaarheid van weiveld

·        Eenheid van die gemeenskapslede  


-        Die grond was in gemeenskaplike besit.

-        Hulle het saam gejag en alle watergate en mineraalregte het aan almal behoort.

-        As die kampe/nedersettings teg root geword het, is die land verdeel tussen stamme. Hulle moes dan onafhanklik begin te funksioneer.

-        Die Khoi-Khoi het nooit in ‘n groot en magtige ryk ontwikkel nie a.g.v hul nomadiese lewenswyse.

-        Al die stamleiers het ‘n raad van ouderlinge gevorm wat die hoofman bygestaan het om belangrike besluite te neem en verskille te bespreek.

-        Al die stamleiers het ‘n raad van ouderlinge gevorm wat die hooofman bygestaan het om belangrike besluite te neemen verskille te bespreek.

-        Die gesprekke het altyd saam die res van die kampe/nederettings plaasgevind as ‘n groep binne die gemeenskap voel dat hulle nie ooreenstem nie, het hulle die reg gehad om weg te breek n ‘n nuwe stam te begin met ‘n nuwe naam.

-        
A.g.v dit het die Khoi-Khoi versprei om ‘n groter gebied as die San te beset.

 

[ eLimu, eLearning Company Limited, 2015]

 

-         


  • -        Die vroegste Suider-Afrikaanse godsdienste was afkomstig van die Khoisan-volke.
  • -        Hulle oortuigings en praktyke is aansienlik uitgewis deur kontak met Europeërs.
  • -        Die opname van Khoisan-rituele is gedurende die 1870's en die 1880's deur 'n Duitse taalkundige, Wilhelm Bleek, uitgemaak.
  • -        Sommige tradisionele Khoisan-oortuigings is bewaar deur mondelinge geskiedenisse, en sommige godsdienstige praktyke word steeds in afgeleë gebiede van Botswana en Namibië waargeneem.
  • -        Genesende danse is steeds onder die mees beoefende godsdienstige rituele in Suid-Afrika, selfs in die 1990's en word in sommige onafhanklike Afrika-kerke gebruik om siekes te genees of boosheid uit te roei.
  • -        Vir baie Khoisan-volke was die son en die maan gode of aspekte van 'n oppergod.

  • -        Die Khoi-Khoi samelewing het bestaan uit ryk en arm en die besit van diere was ‘n teken van rykdom.
  • -        Hulle het diere vet oor hul liggame gesmeer om hul rykdom aan te dui.
  • -        Khoi-Khoi het voedsel verkry deur te jag en bymekaar te maak.
  • -        Enige doodslag was gedeel en die slagting van skape en beeste was tydens ‘n seremoniële fees gedoen en die teenwoordiges het geeët van die slagting.
  • -        Jag en versameling was oop vir alle lede van die stam.
  • -        Vee was vir melk gebruik en was slegs by rituele geleenthede geslag.
  • -        Osse was as pakdiere gebruik.
  • -        Hoofmanne het ‘n groot aantal besit, terwyl die dienaars heelwaarskynlik geen voorraad bsit het nie.
  • -        Die trope was elke dag uitgehaal opsoek na weiding en was saans weer terug gelei na die krale toe.
  • -        Die mans se werk was om na die beeste om te sien en die vrouens en kinders het na die kleiner vee omgesien.
  • -        Bedags het alle grootmense in die kraal gebly om gereedskap en wapens te vervaardig of huishoudelike verpligtinge te voltooi.
  • -        Mans het uitgegaan om te jaag en die vrouens het veldkos, bv. wilde plantkos, bymekaar gemaak.
  • -        Khoi-Khoi tale is uitgeken deur die impolsiewe gebruik van konsonante of ‘klikke’.
  • -        Die taal gebruik kom meestal voor in Namibië, Botswana en Suid-Afrika. Die stamme is bekend as die Damara’s in Namibië, die Hai’om’s in Botswana en die Namakwalanders in Suid-Afrika.                         

      Hier volg `n video greep van die leefwyse van die Khoi nasie:

https://youtu.be/l0xQQE_Qy64 

H



Comments

Popular posts from this blog

Beskrywing oor die inheemse kennis stelsels

Filosofie van die San kultuur